Andreas Woyke Piano Recital – Welgemeend Manor House, Gardens

KLAVIERUITVOERING  ( Middag-uur konsert)  by WELGEMEEND

Die internasionaal bekroonde pianis, Andreas Woyke, het ingestem om ‘n eenmalige middag-uur klavieruitvoering op  Sondag 11 Februarie om 13:30 in Welgemeend aan te bied .

Die tema van sy uitvoering is “A Day within a Day” en sluit werke in wat hy self komponeer het, sowel as Chopin, Rachmaninoff en Villa-Lobos.

Mnr Woyke is in Suid-Afrika met vakansie en dit is sy enigste optrede.

Die fondse gaan vir die diens en opgradering van die Bechstein- en  Bösendorfer 225-klaviere van Hoërskool Jan van Riebeeck.

Bewys van betaling sal u kaartjie/sitplek verseker.  Stuur asb. u kontakbesonderhede en bewys van betaling na welgemeendfriends@gmail.com. Koste R 200 per persoon.

Kaartjie houers is welkom om piekniekmandjies te bring en vanaf 12:00 tot die aanvang van die konsert op die grasperk te kuier. Ingeval van wind en/of slegte weer sal die piekniek nie plaasvind nie.

Hierdie is ‘n JvR -Alumni inisiatief so inbetalings moet in die volgende rekening inbetaal word: Naam: JVR alumni    Bank: Nedbank Business Bank    Rekening no : 1133096050       Verwysing: Klavier  +Naam +Van

RSVP teen Vrydag 9 Februarie.

 

082 461 9753