Jan Hugo Recital & Masterclasses – Hugo Lambrechts Music Centre

AANDAG: ALLE MUSIEKLIEFHEBBERS EN VERAL PIANISTE!!!

JAN HUGO

MEESTERSKLASSE EN RECITAL

Skryf asseblief jul klavierleerders in vir die meestersklasse wat plaasvind by Hugo Lambrechts Musieksentrum op Saterdag 1 Junie.

Daar is ses 30-minuut sessies beskikbaar. Ideaal vir eksamenvoorbereiding en eisteddfod-afronding. First come, first served.

Stuur asb ‘n antwoord e-pos hierop om in te skryf! Details benodig: Naam van deelnemer, Graad op skool, Graad in klavier, Naam en Komponis van werk wat voorgedra gaan word.

Kaartjies vir die recital is by ons kantoor beskikbaar, en ook by die deure op die aand van die konsert.